Melinda: Dag 22
- Melinda du Plessis
- Sep 23, 2016
- 2 min read

Dag 22: Calzadilla - Sahagùn 22km
Dag 22: Calzadilla - Sahagùn 22km
Goeie môre Almal!!! Ek gaan oor n paar min begin stap. Het heerlik geslaap!!! 22km vir vandag! Lief julle baie baie!!
Fotos so ver... Het nog so 8km oor... Ai hul laai altyd deurmekaar... Die vroutjie is Rosalinda, sy het nou afgetree in Amerika, en gaan terug Hawai toe. Dink sy is een of ander bekende persoon, dalk aktrise - het so iets gehoor. Ons ontmoet oral vir die laaste week. Sy skyn met innerlike krag en lewensvreugde. Sy het 2 mans verloor, 1ste aan haar beste vriendin, haar 2de aan kanker 10 jaar gelede na n fantastiese huwelik, tog droom sy steeds, giggelend soos n jong meisie, oor n ou prins op n perd... Sy lag te heerlik, heeltyd. n Tonic vir enige siel.
Sy het ook n geldjie bygedra vir Beit Bracha
Hi Almal!! Veilig in Sahagùn 22km. En vanaand slaap ek in n hostal, kos die helfte van n hotel, en trippel n albergue... Maar ekt my eie kamer en badkamer!!!
Miskien rus ek halfdag hier more... Dankie aan die persoon vir wie Vader gevra het om n 'gift' in my rekening te betaal juis vir sulke bederfies. My hart is beyond dankbaar!
Lyf en voete moeg omdat ek gekuier kuier het vandag in al die dorpies en dus nou in die ergste hitte van die dag die laaste stuk moes stap. Andersins 100%
Klein... In hierdie geval groot genade... Van n wasmasjien... Alles vir die 2 de keer van die 27ste Aug af gewas in n wasmasjien. Handwas is nie dieselfde nie... Die pragtig deur in die hostel in... Oral muurskilderye
Comentários