Madefu se wêreld - Sybie Kleynhans
- Sybie Kleynhans
- Dec 2, 2016
- 1 min read

Madefu se wêreld bestaan uit staaltjies en gedigte geskryf as heerlike ontspanning vir elke leser. Die skrywer, Sybie Kleynhans, “Oom Madefu”, leer ons hier dieretaal praat. Hy personifiseer sy dierekarakters tot koddige karakters wat mens laat skater deur vlymskerp humor.
Geliefde mens van die natuur wat homself troetelname gee soos baardbek, Oom Madefu, stalkneg en dromer van verstjerries.
So voer Oom Madefu gesprekke met vele dierekarakters oor aktuele sake. Oom Madefu vertolk vele rolle in hierdie boek, van vriend tot raadgewer en dieredokter.
Laastens dink Sybie aan die kinders wat ook graag sy verhale volg, en sluit hy heel bedagsaam vir hulle ‘n paar bonuskinderverhale in. Hy kan darem nie sy jong lesers teleurstel nie.
Comentarios