THOLA - Sybie Kleynhans
- Sybie Kleynhans
- Dec 2, 2016
- 1 min read

Thola is ‘n oorlogs/liefdesroman geskryf deur Sybie Kleynhans. Wanneer Dirk van die oorlog af terugkom, vind hy die graf van ’n kindjie en die afgebrande murasie waar sy huis was. Maar, was dit die Engelse soldate wat dit gedoen het of iemand anders? Soos enige goeie boek, gryp Thola jou verbeelding van die eerste bladsy af aan. Van daar is dit een fees van aksie, intrige en baie liefde wat die leser boei tot op die heel laaste bladsy. Die einde laat ons met 'n hele paar vrae. As 'n hoofkarakter is Dirk die perfekte held. Alhoewel hy dapper en edel is, het hy ook foute. Sy ongeduld, humeur en impulsiwiteit kry hom telkens in die moeilikheid. Sy liefde vir die skoner geslag - nie heeltemal 'n fout nie – laat beland hom ook heel dikwels in die warm water, en verskaf hom groot persoonlike hartseer. Aangesien Thola 'n mate van seksuele inhoud, verkragting en geweld bevat, mag dit dalk nie geskik wees vir jonger lesers nie. Die intriges in hierdie boek laat mens nogal dink aan Wilbur Smith se boeke wat gedurende dieselfde tydperk afspeel.
Comments