Vier Maal Adventstyd
- Hy Verkwik my Siel – Solly Ozrovech
- Dec 3, 2016
- 1 min read

“Kyk, Ek kom gou ...” OP. 22:7
Vier maal is dit Adventstyd in my lewe: ‘n koms in die vlees om die mens se
saligheid in bloed en trane te verwerf; ‘n koms in die Gees om my persoonlik
in die saligheid te laat deel; ‘n koms in die dood om die saliges uit die sfeer
van die tyd in die ewigheid oor te plaas; ‘n koms in die heerlikheid
om die geskiedenis van die mensdom af te sluit.
Comments