Gerookte ham met soet mosterdsous
- Huisgenoot
- Dec 9, 2016
- 1 min read

1,2 kg gerookte ham (gammon), gaar
SOET MOSTERDSOUS 200 ml asyn 250 ml (1 k) suiker 3 eiers, geklits 30 ml (2 e) mosterdpoeier knippie sout 5 ml (1 t) mielieblom
OM VOOR TE SIT geblikte appeltjies
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak met olie.
Verwyder die net om die ham, sny die vel in diamantvorms en besprinkel met sout en water. Oondbraai die vleis 50-60 minute terwyl jy elke 10-15 minute ’n bietjie water oorsprinkel. SOET MOSTERDSOUS Plaas al die bestanddele in ’n kastrol en verhit oor lae hitte. Roer 5-7 minute tot die sous verdik. Laat sowat 5 minute prut en laat afkoel. OM VOOR TE SIT Sny die ham in skywe en sit saam met mosterd en ingemaakte appeltjies voor. Maak bros swoerd (kaiings): Sny die swoerd van die ham af. Plaas op ’n aparte bakplaat en bak tot dit bros is en die meeste vet uitgebraai het. Breek in stukke en sit saam met die ham voor. Verglans die ham: Sny die vet in diamantvorms. Smeer appelkooskonfyt oor wanneer dit gaar is. Skakel die roosterelement van die oond aan en rooster vinnig tot bruin.
Comments