Gestopte koeskoeshoender
- Huisgenoot
- Dec 9, 2016
- 1 min read

HOENDER 1 groot heel hoender sout en vars gemaalde swartpeper ekstra olyfolie
VULSEL 500 ml (2 k) gaar koeskoes 45 ml (3 e) olyfolie 60 ml (¼ k) rosyntjies 60 ml (¼ k) kasjoeneute, gerooster en grof gekap 60 ml (¼ k) vars koljanderblare, gekap 5 ml (1 t) fyn komyn sout en vars gemaalde swartpeper
Voorverhit die oond tot 230 °C.
Geur die hoender met sout en peper en smeer met die olyfolie.
VULSEL Meng al die bestanddele vir die vulsel; geur met sout en vars gemaalde peper. Stop die buikholte van die hoender stewig met die vulsel; bind die hoender vas met tou.
Rooster 15 minute, verlaag die hitte tot 160 °C en oondbraai nog 45-60 minute of tot die hoender gaar en sappig is. Sit voor saam met slaai.
Comentarios