Pawlowastapel
- Huisgenoot
- Dec 9, 2016
- 1 min read

250 ml (1 k) room, verkoel strooisuiker na smaak 250 ml (1 k) klaargemaakte suurlemoensmeer 2 klaarbereide meringues 1 blik (65 g) grenadellapulp 200 g appelliefies en bloubessies
Klits die room styf en versoet na smaak met die strooisuiker. Smeer die helfte van die suurlemoensmeer oor die een meringue en skep lepels vol van die room op. Skep lepels vol van die grenadellapulp oor, en stapel die appelliefies en bloubessies op. Herhaal met die ander meringue en pak die twee op mekaar. Variasie Gebruik ’n blik karamelkondensmelk, karamelsjokolade (in stukkies gekap) of skyfies piesang en geklopte room en maak ’n dekadente stapelkoek.
Comments