Varkboudskywe met roerbraairys en mosterd-uie
- Huisgenoot
- Dec 9, 2016
- 1 min read

Gerookte vark, mosterd en uie bly ’n wonderkombinasie. Sny die skywe vleis lekker dik en maak dit vir die mooi effens in die riffelpan skrik. Oorskietrys kry heerlik geur met gemmer en koljander daarby ingemeng.
MOSTERD-UIE 3 uie, in dik ringe gesny 10 ml (2 t) olie 30 ml (2 e) bruinsuiker 30 ml (2 e) heelkorrelmosterd
ROERBRAAIRYS 1 ui, gekap 1 knoffelhuisie, fyn gekap 5 ml (1 t) vars gemmer, gerasper olie 750 ml (3 k) koue, gaar rys 250 ml (1 k) ertjies 45 ml (3 e) koljanderblare, gekap 1 rooi soetrissie, in stukkies gesny
OM VOOR TE SIT 4-6 dik skywe gaar gerookte varkboud, effens in ’n riffelpan gerooster
MOSTERD-UIE Braai die uie in die olie tot sag. Voeg die suiker by en roerbraai tot gekaramelliseer.
Roer die mosterd by. ROERBRAAIRYS Braai die ui, knoffel en gemmer in die olie tot sag. Voeg die rys by en roerbraai tot warm. Voeg die ertjies, koljanderblare en soetrissie by en verhit tot warm. Skep in ’n bak. OM VOOR TE SIT Sit die skywe vleis saam met die warm rys en mosterd-uie voor.
Comentários