Vrugtekoekbroodjie
- Huisgenoot
- Dec 9, 2016
- 1 min read

100 g gepreserveerde gemmer in stroop, gekap 100 g rooi glanskersies, gekap 100 g vrugtekoekmengsel 50 g versuikerde sitrusskil, gekap 80 ml (1∕3k) brandewyn 125 g botter 125 ml (½ k) strooisuiker 2 eiers 310 ml (1 ¼ k) meel 5 ml (1 t) bakpoeier 45 ml (3 e) ekstra brandewyn versiersuiker vir bo-oor sif
Voorverhit die oond tot 150 °C. Voer ’n gesmeerde broodpan (8 x 26 cm) uit met bakpapier.
Meng die gemmer (met sy stroop), kersies, vrugte en sitrusskil met die brandewyn en laat staan 15 minute. Voeg die meel, bakpoeier en vrugtemengsel by. Meng goed en giet in die voorbereide pan. Bak sowat 50 minute of tot ’n toetspen skoon uit die brood kom. Verf die korsie van die brood met nog brandewyn en laat 15 minute in die pan afkoel. Sny in skywe en sif ’n bietjie versiersuiker oor.
Comments