BEESTONG MET MOSTERDSOUS
- The Rainbow Team
- Dec 21, 2016
- 1 min read

1 kg beestong 1 klein ui 1 klein geelwortel vars seldery of pietersielietakkies knippie sout 4 peperkorrels 2 heel naeltjies
Sous: 125 ml suiker 60 ml mosterdpoeier 30 ml koekmeel 250 ml kookwater 250 ml mayonnaise 125 ml witasyn sap van 1 suurlemoen vars broodkrummels
Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot sag. Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny in skywe en pak in ‘n oondvaste bak. Stel oond op 160°C.
Vir die sous: Meng die droë bestanddele saam en voeg die res – buiten die broodkrummels – by. Kook stadig deur oor lae hitte. Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels oor. Bak 25 – 30 minute.
Comments