Eet jou lepel
- The Rainbow Team
- Dec 20, 2016
- 1 min read

Jy benodig:
1 rol bevrore skilferkors
vulsel van jou keuse in 'n spuitsak
garnering van jou keuse
So maak mens:
Rol die skilferkors oop op 'n meelbestrooide oppervlak.
Neem 'n teelepel met tekstuur en detail op die steeltjie.
Druk die lepeltjie in die deeg om 'n afdruk te maak.
Herhaal om die hoveelheid lepels te maak wat jy wil he.
Sny die lepels versigtig uit die deeg met 'n baie skerp messie.
Spuit 'n bakplaat met kleefwerendes proei.
Bak teen 180 grade C in 'n voorverhitte oond tot die lepels goudbruin is.
Spuit vulsel in 'n rosie op die ronde deel van die lepel en garneer volgens jou smaak.
Comments