top of page

Eksotiese Visgereg

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Dec 21, 2016
  • 1 min read

Kerrie, klapper en rissies skep hierdie Thai-geïnspireerde geurige visgereg met Bakers Cream Crackers! Maak ekstra vir ‘n tweede ronde!

Bestanddele 30 ml kookolie 1 klein ui, fyngekap 10 ml geurige kerriepoeier 5 ml rooi brandrissievlokkies 10 ml gerasperde gemmerwortel 5 – 10 ml fyngekapte knoffel 1 x 410 g blikkie klappermelk 30 – 45 ml mielieblom sout en gemaalde swartpeper 400 g stokvisfilette, in happie-grootte gesny 50 g (¼ pakkie) Pyotts Cream Crackers fyngerasperde skil van 1 lemmetjie of suurlemoen 45 ml gekapte koljanderblare

Verhit die olie en voeg die ui en kerriepoeier by. Soteer tot die ui glasig is. Voeg die brandrissievlokkies, gemmer en knoffel by en soteer tot geurig. Voeg die klappermelk by en bring tot kookpunt. Meng die mielieblom met ’n klein bietjie koue water en klits net genoeg van dié pasta saam met die klappermelk om dik te word. Kook vir ongeveer ’n minuut, geur goed en haal van die plaat af. Geur die vis en plaas in ’n enkellaag in ’n oondvaste bak. Bedek met die warm sous. Druk die Pyotts Cream Crackers stukkend en meng dit saam met die fyngerasperde skil en koljanderblare. Sprinkel dit oor die vis. Bak in ’n voorverhitte oond teen 220 ºC vir 4 – 6 minute of totdat die vis gaar is. Skep dit in Chinese lepels of piepklein bordjies en bedien dadelik. Lewer 12 – 16. NS: Hierdie is nie slegs ’n peuselhappie vir partytjies nie. Dit kan ook ’n hoofgereg wees – dit is werklik heerlik en so maklik om te maak!*Bakers*

Komentáře


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page