ERTJIE LAGIE SLAAI
- The Rainbow Team
- Dec 21, 2016
- 1 min read

Hierdie slaai moet verkieslik in die oggend gemaak word vir die aand, maar as dit al die vorige dag gemaak word dan is die slaai op sy lekkerste.
1 Kropslaai, in stukkies gebreek of gesny Fyn gerasperde rou uie Spek en sampioene in blokkies gesny en gebraai Omtrent 6 hardgekookte eiers, gesny 500 g Gevriesde Petite Pois Ertjies (rou) Miracle Whip of enige Mayonnaise Gerasperde Kaas
Pak al die bestanddele in dieselfde volgorde in 'n bak, moet dit nie meng nie. Skep die Miracle Whip oor sodat dit die slaai bedek soos 'n room. Strooi gerasperde kaas oor** Gillian Logan Bredenhann*. .
Comments