KAASKOEK KOEKSTRUIF
- The Rainbow Team
- Dec 21, 2016
- 1 min read

Dié ongebakte kaaskoek word blitsvinnig aanmekaargeslaan en is heerlik.
1 sjokoladerolkoek, in skywe gesny 100 g neute, grof gekap 500 ml (2 k) klaargaar toffievla 1 blik (385 g) kondensmelk 125 ml (½ k) suurlemoensap 1 houer (230 g of 250 g) maaskaas 6 geglaseerde groenvye, grof gesny
1.Pak die snye koek onder in ’n tertbak en sprinkel die helfte van die neute oor. 2.Giet die vla oor die koeklaag en smeer gelyk. 3.Klits die kondensmelk, suurlemoensap en maaskaas goed saam en vou die groenvye in. 4.Skep die mengsel bo-op die vla en sprinkel die res van die neute oor. 5.Plaas minstens 3 uur in die yskas tot koud en gestol. GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: sowat 15 minute Verkoeltyd: 3 uur
Comments