KERRIE KORINGSLAAI
- The Rainbow Team
- Dec 21, 2016
- 1 min read

SLAAI 500 ml (2 k) stampkoring of gort 1 groen soetrissie, in blokkies gesny 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny 4 stingeluie, gekap 2 stele seldery, gekap 50 g okkerneute, gekap hand vol vars koljanderblare
SLAAISOUS: 250 ml (1 k) natuurlike jogurt 45 ml (3 e) strooisuiker 10 ml (2 t) suurlemoensap 15 ml (1 e) geroosterde masala 10 ml (2 t) fyn komyn sout en vars gemaalde swartpeper koljanderblare vir oorsprinkel
METODE: Slaai Kook die koring of gort volgens die aanwysings op die pak. Spoel af en dreineer. Meng die soetrissies, stingeluie, seldery en okkerneute deur die koring of gort en hou eenkant.
Slaaisous Meng al die bestanddele Meng die sous deur die slaai, sprinkel die koljanderblare oor en sit voor.
Bron: Huisgenoot Genoeg vir 6-8 mense Bereiding: 15 min. Gaarmaaktyd: 20 min.
Kommentare