MIKROGOLF SJOKOLADEMOUSSE
- The Rainbow Team
- Dec 21, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 8-10 mense Bereiding: 15 minute Verkoeltyd: oornag
20 wit malvalekkers, kleiner geknip 200 g baksjokolade, in blokkies gebreek 1 blik (380 g) ingedampte melk, verkoel ekstra malvalekkers, gesmelt
Plaas die malvalekkers, sjokolade en ’n bietjie van die ingedampte melk in ’n glasbak en mikrogolf tot gesmelt. Roer elke minuut of wat. Klits die oorblywende ingedampte melk styf en vou by die mengsel in. Skep die mengsel in klein bakkies of een groot bak en verkoel tot gestol. Smelt die malvalekkers sowat 40 sekondes per keer in die mikrogolfoond. Roer gereeld en skep dit op elkeen van die koppies.
WENK Dis belangrik om smeltende malvalekkers gereeld te roer sodat dit ’n gladde mengsel vorm. Om dit nog gladder te kry, kan jy ook ’n paar lepels water, botter of olie by die malvalekkers voeg terwyl dit smelt.
Comentarios