ONGEBAKTE BAR-ONE KAASKOEK
- The Rainbow Team
- Dec 21, 2016
- 1 min read

Dis geen gewone kaaskoek dié nie! Terwyl jy daaraan smul, sal jy elke af en toe op ’n klein sjokoladeverrassing afkom.
Genoeg vir 6 mense Bereiding: 20 min. Verkoel: 3 uur
KORS 300 g sjokolade-volgraankoekies 150 g botter, gesmelt
VULSEL 15 ml (1 e) gelatien 250 ml (1 k) room 2 bakkies (230 g elk) roomkaas 100 g strooisuiker 2 stawe (55 g elk) Bar-One-sjokolade, in skywe gesny VIR VERSIER ekstra Bar-One-sjokolade, in skywe gesny kakaopoeier
1.Kors: Druk die koekies fyn. Voeg die gesmelte botter by en meng goed. Druk op die bodem en teen die kante van ’n 22 cm-veerkoekpan vas. Bedek met kleefplastiek en verkoel in die yskas tot benodig. 2.Vulsel: Bedek die gelatien met 30 ml (2 e) water en laat swel. Verhit dan ’n paar minute in die mikrogolf tot gesmelt. Sit eenkant om af te koel. 3.Klits die room tot styf. 4.Klits die roomkaas en strooisuiker saam in ’n ander bak. 5.Vou die room in die roomkaasmengsel in. Meng ’n bietjie van die mengsel in die gelatienmengsel in, roer goed en voeg dan by die oorblywende roomkaasmengsel. Meng goed. Roer die gesnyde sjokoladestawe in. 6.Giet die vulsel in die voorbereide kors. Verkoel 3 uur of tot geset in die yskas. 7.Vir versier: Bedek met die ekstra skywe Bar-One-sjokolade en bestuif met die kakaopoeier. 8.Sny met ’n warm mes. Bron: Huisgenoot
Comments