top of page

SKAAPBOUD

  • Jaco Steyn
  • Dec 21, 2016
  • 2 min read

Scarborough Fair Ek hoop dit maak julle nuuskierig ...

Die titel verwys na die liedjie se tweede reel, naamlik "Parsley, Sage, Rosemary and Thyme" - die speserye wat ek gebruik. My skaapboud-resep is redelik maklik, en vat nie ure om voor te berei nie.

Ek begin gewoonlik 10:00 op 'n Sondagoggend, 11:00 is dit in die oond, 15:00 eet ons en vat dan 'n lekker middagslapie daarna.

1) 2 kg Skaapboud 2) 3 Groot aartappels 3) 2 Tamaties 4) 1 Groot ui 5) 1 Soetrissie 6) 4 Medium wortels 7) 1 Suurlemoen 8) Sout en Peper 9) 60 ml Olyfolie 10) Speserye : Pietersielie, Salie, Roosmaryn, Tiemie (Parsley, Sage, Rosemary, Thyme) vir die wat dink ek probeer slim klink

Metode: Skakel oond aan op 200 °C Meng al die speserye, sout en peper. As jy vars speserye gebruik, kerf dit eers baie fyn. Sny skaapboud in skywe (of gebruik boud-tjops), masseer speserymengsel goed in, steek sosatiestokkie deur om boud weer bymekaar te hou. Skil aartappels, sny in 1.5-2cm blokkies, versprei onder in "casserole" Sny tamaties, wortels, ui en soetrissie in skywe of repies (hoe jy dit verkies), meng dit en sit op aartappels. Plaas vleis bo-op, drup olyfolie oor vleis. Maak seker dat vleis oral olie het, gebruik meer as dit nodig is Sny suurlemoen in skywe, sit bo-op vleis. Sit deksel op casserole, sit in oond wat nou lekker warm behoort te wees, kyk gereeld (so halfuur - interval) of dit nog nie begin gaar word nie. Sodra die vleis begin ruik of dit gaar word, stel oond af na 170 °C toe. Hou gereeld dop. Die resep het nie water nodig nie, die sap van die vleis en groente is genoeg vog, en die eerste bietjie olyfolie keer dat alles vasbrand. Sodra vleis gaar is verwyder ek die suurlemoen heeltemal, dan haal ek gewoonlik die groente uit, gooi die sous in 'n pot en "braai" dan die vleis sonder die deksel vir so 10 minute om dit bietjie droër te maak. Die suurlemoensap maak die vleis HEERLIK sag!

Vat die sous, maak met Bisto / Gravo aan om 'n lekker dik bruin sous te hê. Dien op met bruinrys, soetwortels en murgpampoentjies. Totale tyd wat ek spandeer aan hierdie gereg is omtrent 2 ure, voorbereiding en "opcheck" ingesluit. Res van die tyd spandeer ek aan die Sondagkoerant

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page