SKAAPBOUD MET KNOFFEL
- Helena Kruger
- Dec 21, 2016
- 1 min read

Maak dit stadig gaar dan is hy op sy lekkerste
1 Skaapboud. 8 Knoffelhuisies 4 Tiemietakkies 50ml olyfolie Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak Cujan Spice na keuse Growwe koljander gekneus 1-2 Koppies Hoenderaftreksel 2 Seldery stingels opgekap 6 Aartappels, geskil en in halwes gesny 4 medium uie in kwarte gesny 6 Wortels gesny in stukke
METODE Verhit jou oond tot 180 °C. Sny klein kepies in die skaapboud en druk die knoffelhuisies daarin. Vryf jou olie om jou hele skaapboud en vryf jou sout lekker in die boud Strooi jou spice en koljander oor en plaas dit bo-op jou uie en wortels wat jy in jou pan geplaas het Plaas jou Tiemietakkies bo-op jou boud en ook langsaan Plaas jou aartappels rondom jou boud en gooi so n bietjie sout oor hulle Gooi stadig jou aftreksel in jou pan en maak dit toe met n deksel Bak dit vir 2-3ure by 160*C haal die deksel af en gooi bietjie van jou pansous oor jou boud en groente en bak verder vir ongeveer nog n 1uur oop op 140*C..Toets met n sossatie stokkie of jou boud deurgaar is[ sousie sal skoon uikom] Skep jou Boud en groente uit in jou opdien bak en maak jou sousie in jou pan bietjie dikker met 2t Bisto of net gewone Mielieblom[ Maziena] Whalla baie lekker..sag mooi bruin bo-op en deurgaar.
Commentaires