TUNA MOUSSE
- Dalene Brits
- Dec 21, 2016
- 1 min read

3 X 170g Tuna in olie [hier kan jy Salm gebruik] 6 eetl Mayonnaise 1 klein Ui, in kwarte Droeë vinkel na smaak, opsioneel 1 eetl Bruinsuiker 1 eetl Tamatiesous 1 ½ eetl Asyn 1 ½ pakkies Gelatien 2/3 k Warm water 2/3 k Koue water Sout en varsgemaalde Swartpeper na smaak
Metode: 1. In ’n voedselverwerker meng tuna, mayonnaise, bruinsuiker, tamatiesous, asyn en vinkel. 2. Los die gelatien in die koue water op en roer die kookwater by. Roer by die mengsel in die voedselverwerker. 3. Voeg sout en peper by. 4. Gooi in ’n visvorm en laat stol in yskas. Bedien met soutbeskuitjies - groot gunsteling
Comments