Dr. Chris se ment pesto en ment brownie
- Chris Pitzer
- Dec 23, 2016
- 1 min read

Ment pesto Om die ment smeer te maak, kap ’n halwe koppie Makadamia-neute fyn. Gooi twee styfgestopte koppies mentblare by, ’n halwe koppie heuning en een eetlepel vanilla. Meng alles saam en hou in die yskas as ’n smeer.
Jy kan ook ’n hele ‘slab’ donker Albany sjokolade in die mikrogolf smelt en dit by jou smeer voeg.
Ment pesto ‘Brownies’ Voorverhit die oond en gesmeerde 20 cm pan teen 180º C. Smelt ses eetlepels botter met 50 g donker sjokolade daarby. Roer twee eiers en een proppie vanilla by. Roer nou ’n halwe koppie meel versigtig daarby in. Gooi beslag in warm pan. Maak krulle met ment pesto bo-oor, deur ’n pesto-gevulde plastieksak met ’n gaatjie in. Bak vir 25 minute of tot die ‘brownie’ van die kante begin wegtrek. Sny eers wanneer afgekoel.
コメント