top of page

LOOF DIE HERE, DIE GENADIGE EN BARMHARTIGE GOD!

  • Jan 1, 2017
  • 2 min read

Psalm 103 verse 1 & 2 Loof die Here o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! Loof die Here o my siel, en vergeet nie een van sy weldade nie! My siel loof U my Here vir U goedertierenheid dat U aan ons onwaardige skepsels U Seun gestuur het om vir ons onmeetlike sondes gebore te word net om ons met U te versoen en daarmee ons sondes op sy skouers geneem het. Hoe groot is U ons God!

Geliefdes, op hierdie Nuwejaarsdag bring ek hiermee alle hulde aan ons Vader – nie alleen omdat Hy Sy geliefde Seun gestuur het nie, maar ook dat Hy ons so liefhet en ons iedere dag bystaan.

Weet julle, die liefde van Vader wat hy vir ons het is kosbaarder as korale en ons moet hom met ons harte loof en prys! Soveel slegte dinge gebeur iedere dag om ons – dinge wat ons skok tot in ons tone toe. De duiwel het homself so meester van die aarde gemaak dat ons moet veg met alles in ons teen hom.

Ek wil daarom by julle pleit, laat staan alles wat sleg is in jul lewens en keer nou terug na God ons Vader. Laat ons Hom loof met alles wat binne-in ons is en Sy weldade nie vergeet nie en net geluk, vrede- en blydskap sal in julle kom al die dae van jul lewens. Hierdie belofte het Jesus aan Sy dissipels gemaak dat as ons tot God bid en in Jesus se naam vra, ons sondes bely en nie meer sondig nie, God ons sal seën en groot vreugde aan ons verskaf in ons siele.

Wees daarom bly met my want ons God is baie groot. Ons hoef oor niks bekommerd te wees nie en alles in die grootste vertroue by Hom plaas. God is ’n God van weldade en Hy sal ons nooit verlaat as ons, ons harte aan Hom en Jesus gee nie!

Ek bid julle ’n Geseënde Nuwejaar 2017 toe en dat God julle baie, baie sal seën met sy goeie gawes iedere dag van jul lewens.

Mag alles wat ons doen of sê Tot glorie strek vir ons God en Heer En mag geen sonde nog hoe groot ’n Kloof tussen Vader en ons bring.

Here, ek bring almal wat op ons Lappieskombers van Rainbow Gospel Radio is asook almal wat dit sal lees, voor U Troon en bid gesondheid, liefde- en geluk oor hulle almal vir 2017. Seën in die besonder vir Nico, Corne en Jacques Franc in die dierbare naam van ons Here Jesus, Amen.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page