top of page

‘n GEWESE POTJIEROL SE DUN-WORD-WENKE

  • Corne Liebenberg
  • Jan 2, 2017
  • 2 min read

Deur my lewe was ek maar altyd op een of ander dieet gewees. My heel eerste formele dieet was toe ek 9 jaar oud was en tot vandag toe kan ek die menu onthou. Daar is nie ‘n pil, poeier, maaltydvervangingsdrankie, eetlusdemper of dieet wat ek nie probeer het nie. Die meeste middels en diete het wel resultate gelewer, maar dit was alles korttermy en na die tyd het ek meer gewig opgetel as wat ek verloor het. Dit was ‘n bose kringloop gewees. Na 6 miskrame het ek uiteindelik my seuntjie gekry, wat ek van God afgesmeek het. Een oggend het ek steunend en kreunend met my baba in my arms opgestaan om hom te gaan neerlê. Ek het oor my eie voete gestruikel en met my logge 315kg-liggaam bo-op my kleine babatjie geval. Terwyl ek geval het, het ek begin smeek dat die Here asseblief my kindjie se lewe moet spaar. Dit was 15 jaar gelede en die keerpunt in my lewe. Daardie aand het ek al hygend opgestaan en buitentoe gegaan om te gaan stap. Dit was chaos in die buurt, want niemand het verwag om my in die straat te sien nie. Ek het besluit om elke aand 30 minute te stap. Die eerste aand het ek omtrent 100m gestap en dit het gevoel asof ek die tydige met die ewige gaan verwissel. Ek het aangehou. Elke dag 30 minute en dit het ‘n speletjie met myself geword om elke aand so ‘n bietjie verder te probeer stap. Vandag is een van die grootste gawes in die lewe vir my om lekker ver en vinnig te kan stap sonder om moeg te word. Diete het nie vir my gewerk nie en ek het besef ek sal my hele leefwyse moet aanpas. Dit is wat ek gedoen het:


  • Verander elke dag 1 ding. Dag 1 – begin om suiker uit te sny, dag 2 – raak ontslae van die brood, ens.

  • Neem ‘n oogfoto van naby, maar steeds in fokus en stuur dit vir Dr. Chris Pitzer na althealth@mweb.co.za vir ‘n gratis irideologiese analise, sodat die kern van jou probleem bepaal kan word. Daar kan soveel verskillende dinge wees wat veroorsaak dat die vetrolletjies net nie wil wegsmelt nie.

  • Eet slegs kosse wat geskik is vir jou bloedgroep.

  • Vergeet van kitskos en pakkies sop en souse. Daar is allerhande goggas in wat skadelik is vir jou. Eet groen en skoon. Berei jou eie kos voor, dan sal jy nooit hoef te wonder wat alles versteek is in die kos nie.

  • Maak jou kos mooi. Daar is ‘n verskil tussen gourmet en gooiby. Kook jou kos gourmet met vars kruie en bestanddele. Ons almal hou van lekker eet en daar is geen rede hoekom jy gagga kos hoef te eet nie.

  • Bly weg van alkohol af. Drink sodawater met ‘n teelepel appelasyn in, in plaas van ‘n cider. Dit is heerlik, gesond en verfrissend.

  • Kweek ‘n liefde aan vir water.

  • Kry jou kop reg. Jy moet besef jy volg ‘n gesonde lewenswyse NET vir jouself. Sodra jy iets vir iemand anders doen, gaan dit nie werk nie.

  • As ek 245kg kon verloor, kan jy ontslae raak van daar die 5, 10, 20 of selfs 50kg wat jou so terughou en strem in die lewe!

コメント


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page