top of page

God gebruik almal

  • Blessings op my Tablet - Gerda Jansen
  • Jan 2, 2017
  • 2 min read

Teksvers:

1 Kor 1:26-28

…wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is, ja , wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak.

Wie wil die ‘nerd’ met die brille, rooi hare en sproete op hul span hê?

Niemand, behalwe as dit dalk ‘n wiskunde vasvra is. Wie wil die arm meisie met die stukkende klere, sonder skoene as hul vriendin hê? Seker ook niemand. Nie eens die boelie wat die Rekeningkunde klas se venster stukkend gegooi het, wil jy in jou span hê nie.

Wel, God werk anders. Hy kies selfs dié wat nie goed genoeg lyk om deel van die ‘cool’ kinders te wees nie. Hy kies dié wat bereid is om vir Hom op te staan en Hom te dien. Hy oordeel nie op ‘looks’ nie maar op harte.

Moses kon skaars praat, maar hy moes die mondstuk van God wees vir die volk. Die dissipels wat Jesus gekies het wat nie die slimstes of die rykstes nie. Jou ouderdom sê ook niks. Dawid was ‘n jong ou en maar klein toe hy die Fillistyn, Goiliat moes verslaan. En God het hom toe al voorberei om ‘n koning te word.

God wil jou gebruik, maak nie saak wie jy is of waar jy vandaan kom nie. God roep hulle uit ‘n ‘shack’ van die ‘township’ of die paleis op die bult. Juis wanneer jy verlore voel, wil Hy ingryp. Maar wat sal jy sê: Ja of nee. Kies sommer van die begin af reg.

En wees ook daarom versigtig om nie te oordeel oor ander nie. Wees soos Jesus. Hy het tyd gemaak vir die siekes, die armes en dié wat moeg en moedeloos was. Hy kies jou, wat maak jou beter as ‘n ander? Maak van hierdie week af, God en Sy koningkryk jou eerste prioriteit.

Комментарии


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page