CHOUX
- Nataniel in Nantes
- Jan 4, 2017
- 1 min read

200g meel 100g botter 250ml water 4 eiers seesout 500ml room 2 eetlpl veriersuiker donker sjokolade, pimperneute en bloubessies vir versiering
Plaas die water, botter en 'n knippie sout in 'n medium-grootte pot en bring tot kookpunt Verwyder van die hitte, voeg meel by en meng deeglik Plaas terug op 'n lae hitte en roer tot die deeg 'n kleierige bol vorm en van die pot loskom, plaas die deeg in 'n koue mengbak, koel af vir 'n paar minute Voeg die eiers een-een by, meng deeglik Plaas die deeg in 'n versiersak en druk gholfbal-grootte choux uit op 'n geskikte bakplaat bedek met bakpapier Bak vir 20-25 minute teen 170˚C, laat afkoel Klits room en versiersuiker tot sagte punte vorm Sny die choux in die middel deur, plaas bloubessies en skep room op elke onderste helfte Versier met gerasperde sjokolade en gekrummelde pimperneute
Commentaires