DONKER SJOKOLADE-LAVA
- Nataniel in Nantes
- Jan 4, 2017
- 1 min read

400g 70% donker sjokolade 180ml room 60ml rum 120g rosyntjies, gekap 2 eetlpl botter
Plaas die rosyntjies in die rum en week vir 30 minute Plaas die sjokolade en room in 'n pot oor medium hitte en roer tot die sjokolade gesmelt is Voeg die rosyntjies en rum by asook die botter, meng goed Verwyder van hitte, laat tot louwarm afkoel, roer gereeld Bedien in eierhouers of klein koppies Sprinkel met kakao of gerasperde sjokolade
Comments