KOSBLIK-IDEES: Eier-en-spinasieslaai
- Barbara Joubert
- Jan 4, 2017
- 1 min read

6 hardgekookte eiers • 200 g baba-spinasieblare • 40 g bronkors (watercress) • 4 groot rosa-tamaties, in skywe gesny • 100 g ontpitte swart olywe • 300 g mozzarella-kaas, in ringe gesny • 1 avokado, in lang skywe gesny • sowat 60 ml basiliepesto • olyfolie om oor te sprinkel
Halveer eiers. Rangskik alles buiten pesto en olyfolie in ’n groot slaaibak. Skep van die pesto oor en sprinkel klein bietjie olyfolie oor. Sit voor met res van pesto.
4 stadiums van eiers kook
• 3 minute: Die eierwit is nog effens rou om die geel. • 4 minute: Die wit is heeltemal gaar. • 6 minute: Die eierwit en geel is heeltemal gestol, maar die eiergeel is nog effens sag in die middel. • 10 minute: Die geel se kleur is ligter en dis die klassieke hardgekookte eier.
Om te weet Hoe kook ek eiers, en vir hoe lank? Plaas eiers in ’n kastrol en bedek met koue water. Moenie ’n deksel opsit nie. Sit op stoof en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Sodra die water begin kook, begin jy die minute tel. Wanneer jy die verlangde tyd bereik, haal onmiddellik van die plaat af en gooi koue water oor die eiers – jy moet die kookproses onmiddellik stop.
コメント