top of page

KOSBLIK-IDEES: Frikkadel-broodjie

  • Barbara Joubert
  • Jan 4, 2017
  • 1 min read

(5 – 6 frikkadelle)

1 sny volkoringbrood, korsies verwyder 100 ml koue water 500 g maalvleis 1 eier 25 g pietersielie, fyngekap 70 g pecorino-kaas, gerasper 1 knoffelhuisie, fyngedruk 15 ml wit asyn sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 180 °C. Plaas brood in ’n bak en gooi die water oor. Laat die brood week tot dit sag is. As daar oortollige water is, moet dit nie afgooi nie. Plaas maalvleis in ’n mengbak en voeg geweekte brood by. Meng goed deur. Voeg res van die bestanddele by en geur met sout en swartpeper. Vorm die frikkadelle – soos balle – met jou hande en plaas in ’n oondbak. Bak vir sowat 30 – 40 minute. Laat afkoel en hou in die yskas.

Maak jou broodjie só

(vir 1 broodjie)

volkoringrolletjie met pampoenpitte bo-op botter om die broodjie te smeer ’n paar vars spinasieblare 1 tamatie, in skywe gesny 30 ml mayonnaise 15 ml korrelmosterd 1 frikkadel

Smeer oopgesnyde broodrolletjie met botter. Plaas spinasieblare op die een helfte en sit die gesnyde tamatie bo-op. Meng mayonnaise en mosterd. Sny die frikkadel in skywe, pak dit op die tamatie en smeer mayonnaise-mosterd-mengsel bo-op. Maak toe met die boonste helfte van die rolletjie. Sit kleefplastiek oor die broodjie om dit vars te hou.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page