KOSBLIK-IDEES: Hawermout-en-rosyntjie-stafies op ‘n stokkie
- Herman Lensing
- Jan 4, 2017
- 1 min read

maak 6 – 8 stafies
140 g bruinsuiker 125 ml heuning 20 ml botter 300 g hawermout 200 g gemengde neute, gekap 100 g rosyntjies 8 sosatiestokkies witsjokolade, gesmelt
Bring suiker, heuning en botter oor lae hitte tot kookpunt. Verlaag temperatuur en laat prut vir 8 – 10 minute. Meng hawermout, neute en rosyntjies in ’n groot mengbak. Gooi warm stroop bo-oor en meng vinnig deur. Druk in ’n plat pan wat uitgevoer is met bakpapier, tot sowat 2 cm dik. Druk dit baie styf vas. Plaas in die yskas om af te koel. Keer uit op ’n kapplank en sny sirkels uit met ’n koekiedrukker. Druk stokkies in en sprinkel gesmelte witsjokolade bo-oor met ’n lepel.
Wenk Jy kan die mengsel ook in stafies sny en inpak skool toe as ’n gesonde peuselhappie.
Comments