KOSBLIK-IDEES: Hoender-nuggets
- Annerien Vermeulen
- Jan 4, 2017
- 1 min read

(4 porsies)
250 ml witbroodkrummels (gebruik verkieslik lae-GI witbrood – rooster die brood, en verwerk dit dan tot krummels in ‘n voedselverwerker) 60 ml gerasperde parmesaankaas 10 ml gedroogde oreganum 10 ml gedroogde basiliekruid 5 ml sout 5 ml paprika 2,5 ml gedroogde tiemie 500 g ontbeende hoenderborsies sonder vel, gesny in stukkies van ongeveer 3 – 4 cm in deursnee 15 ml olyfolie
Voorverhit oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier. Meng al die bestanddele behalwe die hoender en olie in ’n plastieksakkie. Gooi die hoender by en kombineer. Sit die hoenderstukke op die bakplaat. Sprinkel olie oor en bak sowat 15 minute tot gaar.
Die volgende analise is gedoen op 1 porsie van 125 g Energie 1 287 kJ Koolhidrate 20 g Proteïen 35 g Vet 9g Versadigde vet 2 g Monoonversadigde vet 4 g Poli-onversadigde vet 1,4 g Cholesterol 77,5 g Natrium 940 g Glukemiese lading 13
Kommentaar van Dieetkundige ’n Baie goeie keuse vir ’n kosblik! Die hoender-nuggets het min vet en die glukemiese lading is slegs 13, wat dit geskik maak vir diabete en verslankers.
Comments