top of page

KOSBLIK-IDEES: Maklike hoenderslaai

  • Annerien Vermeulen
  • Jan 4, 2017
  • 1 min read

(6 porsies)

200 g gemengde blaarslaaimengsel met roket 1 avokado, in skywe gesny 5 ml suurlemoensap om oor avokado te sprinkel 1 mango, in skywe gesny 50 g kasjoeneute, gerooster 3 soetrissies (groen, geel en rooi) – gebak, skil afgetrek en in repies gesny 12 lietsjies, geskil en in helfte gebreek 50 g boontjiespruite 20 ml grasuie, gekap maklike geroosterde hoender*, in repies gesny sout en peper

Slaaisous

125 ml vetvrye gewone jogurt 125 ml laevet- of vetvrye mayonnaise 5 ml kerriepoeier sout en peper na smaak

Pitabrood-croutons

2 bruin pitabrode olyfoliesproei sout en peper

Pak al die slaaibestanddele op ’n bord. Vir die Sous Meng bestanddele vir slaaisous. Proe om seker te maak dit smaak lekker – sit ekstra kerriepoeier by indien nodig. Gooi oor slaai net voor opdiening. Vir die croutons Verhit die oond tot 200 °C. Sny die pitabrode dwars in die helfte. Sny elke pitahelfte in kwarte (jy het m.a.w. nou 16 kwarte). Spuit elke pitakwart met olyfoliesproei en geur met sout en peper. Plaas in oond en bak tot croutons ligbruin en bros is. Sit voor met slaai.

*Maklike geroosterde hoender

(6 porsies)

100 vetvrye italiaanse slaaisous 6 vellose hoenderborsies/filette

Plaas hoender tussen 2 velle kleefplastiek en kap tot dit dunner is. Laat marineer sowat 30 minute in die slaaisous. Dreineer. Verhit die rooster-element van die oond of ’n riffelpan. Rooster hoender vir 12 – 15 minute tot gaar. Draai een keer om en borsel met die slaaisous gedurende die braaiproses.

Commenti


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page