KOSBLIK-IDEES: Marmite-tert
- Nataniel
- Jan 4, 2017
- 1 min read

60 ml Marmite 60 ml botter 2 ml sout 10 ml bakpoeier 500 ml meel 200 g botter 500 ml gerasperde cheddarkaas 250 ml melk 2 eiers
Sif al die droë bestanddele saam. Smelt die 200 g botter en voeg die gesifte droë bestanddele by. Klits die eier en melk saam en voeg nou by die botter-en-meelmengsel. Roer die gerasperde kaas by. Gooi in gesmeerde bak (20 cm x 15 cm) en bak in voorafverhitte oond teen 200 °C vir 15 minute. Smelt intussen die Marmite en 60 ml botter saam. Wanneer die tert uit die oond kom, gooi die botter-en- Marmite-mengsel oor. Sny in blokke en eet warm of laat heeltemal afkoel voordat dit in die kosblik gepak word.
Comments