KOSBLIK-IDEES: Moderne sjefslaai
- Annerien Vermeulen
- Jan 4, 2017
- 1 min read

By die meeste restaurante sal jy ʼn “chef’s salad” op die spyskaart kry. Dis gewoonlik baie lekker, maar meestal vol vet. Met die bestanddele hieronder sluit jy baie vet uit, maar jy het steeds ʼn heerlike, vullende slaai. Jy kan 30 g gekrummelde bloukaas, fetakaas of laevet-cheddarkaas ook bysit, maar onthou net dit sal die vetpersentasie van die slaai verhoog. Sit voor met ʼn tortilla-wrap of ʼn snytjie rogbrood.
(6 porsies)
1 pak gemengde blaarslaai 400 g gekookte of geroosterde beet, sonder vel en in stukke gesny 3 eiers, hardgekook en in kwarte gesny 300 g gerookte hoender, in skyfies gesny 1 avokado, in skyfies gesny (besprinkel met bietjie suurlemoensap om verkleuring te voorkom) 250 ml rosa-tamaties, gehalveer 4 snye laevet-spek, gaargemaak en gekap ½ bottel “light” Italiaanse slaaisous
Pak die blaarslaai op ’n mooi slaaibord, gevolg deur die res van die bestanddele. Gooi die slaaisous oor net voor jy dit voorsit.
Comments