KOSBLIK-IDEES: Sjokolade-neut-stafies
- Herman Lensing
- Jan 4, 2017
- 1 min read

10 – 12 stafies)
100 g pistasieneute, gekap 200 g sjokolade-moutballe (Whispers), grofgekap 100 g amandels, gekap 100 g pekanneute, gekap 200 g donkersjokolade, gesmelt
Sit al die droë bestanddele in ‘n middelslag-mengbak. Voeg gesmelte sjokolade by en meng goed. Voer ‘n bakplaat van 25 cm x 15 cmmet bakpapier uit. Skep mengsel in pan en versprei eweredig. Sit nog ‘n stuk bakpapier bo-op, gevolg deur ‘n bakplaat. Sit ‘n swaar item, soos blikkieskos, bo-op sodat dit die mengsel vasdruk. Laat stol in yskas vir sowat 10 minute.Keer uit op skoon kapplank. Gebruik ‘n skerp mes en sny in stafies van 2 cm x 10 cm. Draai in bakpapier toe of sit dadelik voor saam met sterk koffie.
Wenk
Die donkersjokolade kan met enige ander sjokolade van jou keuse, soos witsjokolade, vervang word.
Comments