top of page

Wenke vir jou kind se kosblik!

  • Tanya Fourie
  • Jan 4, 2017
  • 2 min read

Dis weer tyd vir skool. Hier is ‘n paar idees vir jou kind se kosblik.

Sorg dat die kosblik gebalanseerd is en al die basiese voedselgroepe bevat, met ander woorde koolhidrate, proteïene, suiwel, vet, vrugte en groente.

Gee ook genoeg water saam, want die geringste dehidrasie sal jou kind se geheue en konsentrasievermoë drasties belemmer. Probeer die kosblik die vorige aand reeds pak. Só vermy jy die geskarrel vroegoggend en kan jy meer tyd aan die beplanning en bereiding van die kos bestee. Probeer sover moontlik verfynde koolhidrate en suikers vermy.

Wat moet in jou kind se kosblik wees?

  • Koolhidrate/stysel is ’n bron van energie. Dit moet verkieslik kos met ‘n lae GI wees, soos twee snye volkoringbrood. Alternatief: Gebakte soetpatat-skyfies.

  • Proteïene verseker volgehoue konsentrasie. Eier, biltong, hoendervlerkies of ’n stukkie vleis soos ham is ideaal.

  • Vrugte of (onversoete) vrugtesap (200 ml) is propvol vitamiene, minerale en vesel. Pak aarbeie, appels met neutbotter of ’n paar korrels druiwe in.

  • Groente is ook lekker peuselhappies vir die kosblik. Pak stukkies wortels en suikerertjies met hoemoes in.

  • Suiwel is ’n belangrike bron van kalsium.Maak jou kind se kos so aantreklik moontlik. Pak klein blokkies kaas in. Jy kan selfs ’n tandestokkie vat en klein tamaties, kaas en vleisies daarop inryg.

Wenke

  • Kies kosse wat teen pouse nog lekker gaan lyk en nie te skerp sal ruik nie (waak teen tuna en eier).

  • Skil jou kind se vrugte af. Baie kinders hou nie van vuil of taai hande nie en word daardeur afgeskrik.

  • Kinders is gewoonlik baie gretig om te speel en wil so gou moontlik eet. Gee hulle dus klein, hanteerbare porsies soos vingerbroodjies en stukke vrugte.

  • Pak ’n naskoolpakkie in as jou kind aan buitemuurse bedrywighede deelneem.

  • Droëvrugte, neute, sade en biltong is baie geskik vir ondergewig- of aktiewe kinders met hoë energiebehoeftes.

  • Laat jou kind sy eie kosblik kies.

  • Sny die kos in oulike vorms.

Vet bly ’n belangrike bron van energie. Gebruik botter of mayonnaise op ’n toebroodjie, sit ’n verskeidenheid neute in die kosblik en sny ‘n avokado op.

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page