top of page

WANNEER 'N SONNEBLOM SE KOP KNAK!

  • Lappieskombers
  • Jan 8, 2017
  • 5 min read

Ek ry vandag weer tussen Potchefstroom en Vereeniging om my mense na die treinstasie te neem. Ons was net verby ‘n paar baie groot en gevaarlike slaggate toe ek hulle sien. Die sonneblomme. Maar sonder die son in hulle. Hulle is uitgedroog en hang met hulle koppies vooroor. So asof hulle alle moed verloor het. Asof hulle nie meer kans sien om met hulle sonnige warmte weer die glimlag op ons mensdom se gesigte te sit nie. Snaaks. Die son skyn. Hulle is veronderstel om koppies na bo te pronk. Trots. Soos soldate in duisende rye langs mekaar. Op aandag. Vier en trots.Vandag is egter anders. Hulle pronk nie. Hulle probeer nie eers die goue koppe oplig nie. Nee. Hulle hang net. Vooroor. Asof hulle die stryd reeds gewonne gegee het. Dit is eintlik baie hartseer. Wanneer die sonneblom se kop knak, vat hy die son saam met hom. Dit voel amper asof die son saam met sy kop sak. Af en af en af. Moedeloos hang hy daar tussen hemel en aarde. Doelloos. Koud en droog. Geen boer kan hom meer red nie. Nie een van die duisende sonneblomme wat sy lot deel nie. Almal staan daar. Met hulle koppies wat hang. Daar is geen nut meer vir hulle nie. Geen olies kan meer uit hulle getap word nie. Nutteloos. Opgebruik. Leeg. Hoeveel van ons is soos hierdie sonneblomme? Ons koppies hang. Ons is sat en moeg en uitgeput. Ons het net mooi genoeg gehad. Ons kan nie meer ons koppies oplig nie. Ons goudgeel blare wat nou bruin en dor daar uitstaan, val een-een grond toe, waar dit weer een word met die grond waaruit ons ontstaan het… Ons het moed verloor, sukkel om weer regop te staan, nadat ons baie hard geval het. Ons het seergekry. Hou na hou na hou… Die dae wat ons die koppies kon oplig na die son het verby gesluip sonder om te groet. En het ons koud agtergelaat. Realiteit vandag se vir ons dat gedroogde sonneblomme weer een word met die grond in die natuur, op watter manier ookal. Daar is nie meer hoop nie. Hulle het geen meer nut oor nie. Hulle is gestroop van alle waarde, daardie laaste bietjie iets wat van hulle nog iets spesiaals gemaak het. Hulle sal nie weer hulle koppies kan oplig en die son se warmte op hulle voel nie. Hulle koppies sal nie meer die son se strale kan volg nie. Hulle is dood. Maar vir ons as mens, die van ons wie se koppies deur omstandighede geknak het, is daar nog hoop. Hoop groter as die bitterheid en onvergewensgesindheid wat ons koppies geknak hou. Hoop wat ons weer die krag sal gee om ons koppies te lig en op die Hemelse Vader gerig sal hou. Ons weet nie hoekom dinge gebeur nie. Ons verstaan ook nie. Soms kry ons bitterlik seer en dan knak ons koppies soos die sonneblom sin. Die waaroms en hoekoms laat jou blomblare een vir een uitval. Die bitterheid vreet jou van die binnekant op totdat jy weer een word met die grond waaruit jy gemaak is. Onvergewensgesindheid hou jou kop op jou bors, maak jou nek te swaar om weer op te lig. Jy se jy’s fine. Fine genoeg om met die lewe aan te sukkel. Jy bestaan net. Van een dag na die ander. Jy het vergeet hoe dit is om weer te leef en om lief te he, om liefde te ontvang. Jy dink daar is nie ‘n rede om weer jou kop te lig nie. Jy kan maar net voortploeter soos jy gaan. Maar die hoop bestaan tog. Hoop wat al daardie lelike goggas van jou gaan afskud en jou weer sal voed met die lewende waters sodat jy jou sonneblom koppie weer kan oplig in al jou glorie. Hoop wat jou weer sal laat leef. Hoop, geloof en liefde. Dis wat jy nodig het. Dis wat die sonneblom simboliseer. Die hoop in elke dag dat jy tog van nut sal wees. Die geloof in die enigste lewende God wat jou ooit van jou seer sal kan genees, sodat jy weer jou koppie na die Son kan draai. En liefde… Strome van liefde wat jou weer van binne af versterk sodat jy jou warmte en liefde weer vir die omstanders kan gee. Dan kom die Here, die Groot Boer, wanneer ons op ons laagste is. Wanneer ons op ons droogste is, op ons slegste, kom maak hy iets spesiaal en waardevols van ons. Ek het vandag egter iets baie interresants geleer. Wanneer die sonneblom sy koppietjie so laat sak, wanneer hy begin uitdroog, dit is juis dan wanneer die sonneblomsaad geoes moet word. Snaaks dat hulle wag totdat 80% van alle sonneblomme bruin is, voor hierdie oes proses begin. Dit is juis dan wanneer die sonneblom ryp is vir die volle oes, wanneer hy reg is om tot sy nut gebruik te word. Snaaks dat ons dit nooit so sien nie, ne? Ons sien net die droe blom wat daar hang. En ons dink dadelik dit is die einde, dit is verby. Maar kyk nou net hierdie pragtige les uit die natuur. Dit is juis wanneer jy op jou swakste is, wat jy die grootste nut kan he in vandag se lewe, wanneer God jou kan gebruik. Selfs uit ‘n amper dooie blom, kom daar steeds saad, is daar steeds nut vir die sonneblom. So het jy as mens ook daardie hoop. Daardie saadjies wat in jou droogheid geoes kan word en van groter nut is as ‘n blom wat net staan en mooi lyk. Dit vat presies 125 dae na die saad geplant is, voordat die blom geoes kan word. En in hierdie 125 dae groei die saad, kom die nuwe blare, en gaan die blom ook weer dood. En dan saai die Boer weer nuwe lewe… Mense moet na jou kan kyk en se: “Jis, ek wil ook soos daardie sonneblom wees.” Ten spyte van wind en weer en son, ten spyte van seer en teleurstellings en gebreekte vertroue. Ten spyte van jou omstandighede Bo oor jou omstandighede styg jy uit, lig jy steeds jou koppie na die Groot Son in jou lewe, en stuur jy jou liefde en warmte vir hulle uit, saai jy jou sonneblomsaad aan almal wat dit so bitterlik nodig het. Deur lief te he, word jy genees. Deur te vergewe, kry jou blare weer lewe. Deur te gee, van jou eie saad, het jy weer groter nut. Kom, liewe mens. Lig jou pragtige sonneblom gesiggie na die hemel, straal die liefde van God in jou lewe na die mense buite uit. Staan trots, geregverdig, heilig. En behou altyd die hoop

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page