DIE PERFEKTE PAD VIR JOU LEWE
- Lappieskombers
- Jan 10, 2017
- 1 min read

Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.
(Slotsin van die Onse Vader)
Hoekom het God jou op hierdie spesifieke pad geplaas? Hoekom het Hy ander op paaie geplaas wat makliker, meer glansryk en minder donker as joune lyk? Die waarheid is, God het jou op die perfekte pad vir jou lewe geplaas. Hy bepaal elke tree wat jy gee. Sy doel is iom jou te lei op 'n pad wat Hom sal vereer. Hier is 'n gebed wat jy tot God kan bid wanneer jy wonder wat Hy wil hê jy moet doen: Here, wys my asseblief vandag terwyl ek saam met U wandel watter woorde ek moet sê, watter keuses ek moet maak en watter gesindhede U sal verbly. Dankie Heer dat U my pad bepaal. U ken en weet alles en daarom kan ek op U vertrou om my die beste te lei. U wil vir my alles gee wat ek nodig het. Mag U altyd in ons lewens verheerlik word. Seënwense!
Comments