top of page

STAAN IN DIE ‘GAP’ VIR ANDER

  • Blessings op my Tablet - Gerda Jansen
  • Jan 9, 2017
  • 2 min read

Teksvers:

Eks 32:31-32

Moses het teruggegaan en tot die Here gebid: “Ag tog, Here, hierdie volk het ‘n verskriklike fout gemaak. Hulle het vir hulleself ‘n god van goud gaan staan en maak. As U bereid is, vergewe asseblief tog die fout wat hulle gemaak het. Anders moet U maar my naam uitvee uit die boek waarin U die name opskryf.”

Wat is ‘n afbeeld vra jy my? Wel, dit is wanneer jy iets belangriker ag as God wat jou gemaak het. Van die Bybelse tye af al het mense beelde opgerig en dan hierdie beelde aanbid. Vandag kry ons nogsteeds mense wat dit doen, maar meer populêr is goed wat jy kan koop. Kom ons sê ‘n duur Duitse motorkar of in jou geval as tiener; jou ‘tablet’. Moses was baie kwaad vir die volk oor hierdie afbeelde en het dit als gaan afbrand. Maar hy was lief vir die volk, hulle jammer gekry en vir God gevra om hul te vergewe. Maar meer as dit, dat Hy sy plek in die Boek van die Lewe sou opgee vir die volk. Nou, hier is dalk nog iets wat jy nie ken nie. Die dag toe jy jou hart vir Jesus gegee het, het jou naam in God se Boek van die Lewe gekom. Die grootste voorbeeld van iemand wat in die ‘gap’ gaan staan het vir ander was Jesus. Hy is die perfekte voorbeeld. Hy was heilig, en het nie sonde gedoen nie, maar Hy het die sonde van my en jou op Homself geneem en die prys daarvoor betaal. Selfs Jesus se woorde aan die kruis was, “Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Is daar vriende of familie vir wie jy in die ‘Gap’ moet gaan staan? Sal jy vir hul bid en vra dat God hul sal vergewe? Dit beteken nie dat jy nou vir hul moet doodgaan nie, maar net vir hul instaan in gebed.

ความคิดเห็น


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page