Master-Sjef Johan Brits se Steak-en-Kaas Ringpastei
- Johan Brits
- Jan 12, 2017
- 1 min read

Jy benodig:
Steak in repies gesny Een ui fyn gesny Een green pepper in repies gesny Botter Een knoffelhuisie fyn gesny Mozzarella kaas plakkies Pasteideeg Een eier Sout en peper
So maak mens:

Sny die steak in repies en plaas in 'n pan.

Verbruin die steak repies in die pan.

Voeg ekstra botter by die steak repies.

Verwyder die steak repies uit die pan en soteer die uie en knoffel tot glasig.

Voeg die green pepper by en soteer saam met die uie en knoffel.

Vorm 'n ring met blokkies pasteideeg op foelie. Plaas die steak repies en groente in 'n ring op die pasteideeg. Laat genoeg deeg oor om oor te vou. Top die vleis met kaas.

Vou die deegring toe en verf met geklitste eier.

Bak in die oond teen 180 grade vir 20-25 minute.

Comments