HOENDER OF AREND?
- Lappieskombers
- Jan 16, 2017
- 1 min read

Jesaja 40:31
"Die wat op die HERE vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke,
hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie."
Eendag was daar 'n jongman wat 'n arend se eier gesteel het en onder die hen op die plaas gesit het. Die het die eier uitgebroei. Die arend het groot geword soos 'n plaas hoender. Hy het ook pitte loop en oppik. Hy het nie gevlieg nie, want 'n hoender vlieg nie. Eendag vlieg daar 'n arend oor die hok. Die klein arend kyk op en sê vir 'n ander hoender: Ek wens ek kon so vlieg! Die hoender sê: moenie eers daaraan dink nie, jy is net 'n hoender. Die arend het gevrek as 'n plaas hoender. Al wat hy moes gedoen het was om sy vlerke oop te maak en te vlieg. Om so die koning van die wolke te word. Kom ons maak ons vlerke oop en sweef of gaan ons ook as plaas hoenders sterf?
Comments