top of page

‘N BELOFTE IS ‘N BELOFTE

  • Blessings op my Tablet - Gerda Jansen
  • Jan 16, 2017
  • 2 min read

TEKSVERS:

2 Sam 9:7

Dawid sê vir hom: “Moenie bang wees nie. Ek sal vir jou net goed wees omdat en jou pa, Jonatan, sulke goeie vriende was. Ek gaan al jou oupa Saul se grond vir jou teruggee, en jy kan altyd by my kom eet.”

Dawid was ‘n man van sy woord, hy het gehou by sy belofte. Daar was niemand wat hom kon ‘opcheck’ nie, Jonatan was reeds dood. God het ook baie beloftes vir ons gegee in Sy Woord, en hou daarby.

Jy voel dalk jy wil dit sommer uit skree: ‘beloftes, beloftes, beloftes’. Want dit voel asof niemand meer hul beloftes hou nie.

Baie jongmense soos jy, is al teleurgestel omdat mense nie by hul beloftes hou nie. Ongelukkig kan dit selfs iemand wees wat bekend is as ‘n kind van God, wat nie hul beloftes nakom nie. Dit maak seer. Jou ervaring is miskien dat die mense die naaste aan jou, nie doen wat hul sê nie. Jou pa, ma of jou beste vriend. Jy kan dan voel dat jy niemand meer wil vertrou nie. Maar almal is nie so nie. Dit moet jy weet. Daarom moet jy ook nie almal daarvolgens oordeel nie. Jy kan dalk uitmis op iets wat God jou wil leer of wil gee as ‘n geskenk uit Sy hand.

Ons het mekaar nodig. Jy is nie gemaak om alleen te loop deur die lewe nie. Weet dat jy op God kan vertrou. Hy sal jou nooit in die steek laat nie. Wanneer jy nie self meer kan loop of kan vashou nie, sal Hy jou vashou en jou dra.

Dit beteken ook dat jy iemand moet wees waarop mense kan staatmaak. Dink mooi voor jy aan iemand ‘n belofte maak, maak seker jy kan dit nakom. Dis beter om soms “Nee” te sê as om iemand te ‘drop’. Kies vandag om betroubaar te wees. Wees jy ‘n voorbeeld vir ander en laat Jesus se lig deur jou skyn. Nie net wat jy sê nie, maar ook in dit wat jy doen.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page