top of page

GROOT WERK IN KORT TYD

  • Lappieskombers
  • Jan 18, 2017
  • 2 min read

2 Korinthiërs 8:8-9:

"Ek sê dit nie as ‘n bevel nie, maar om deur die ywer van ander ook die egtheid van julle liefde op die proef te stel. Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word."

Jong dr. Tomas A. Dooley, briljante en enigste seun van sy gegoede ouers in die VSA, is opgeroep vir militêre diens in Viëtnam, skryf Izak de Villiers in Die Kort Tyd Tussen die Krip en die Kruis. Gewoond aan sy vooraanstaande huis, kry hy skielik te doen met siekte, rampe, hongersnood en tragedie. Na sy twee jaar diensplig besluit hy om vrywillig aan te bly, om die derduisende siekes en noodlydendes te help. Hy begin aan hoofpyn ly. Dit word al erger. Die militêre hospitaal neem plate van sy brein en besluit 'n breinoperasie is nodig. Hiervoor word hy per vliegtuig teruggestuur VSA toe. Daar word bevind 'n gewas op sy brein is kwaadaardig. "Tom Dooley was aan die sterf, jonk, soos Jesus," beskryf Izak de Villiers dit.

Terwyl hy bykom na die operasie sien hy deur die waas van die verdowing 'n visioen. Hy droom hy sien 'n berg afbrand. Die Viëtnamese het 'n ritueel van bergafbrand. Die Oosterse landbouers glo, die as van die berg wat afgebrand word, is vrugbaar vir die grond. Jaarliks, voor die moesonreëns, word die berge afgebrand, voordat die landerye teen die berghange gesaai word. In Tom Dooley se hart kom 'n besef en 'n besluit. Izak de Villiers skryf dit so: "Ek moet soos as in die kaalgebrande aarde van my eie lydensweg val. Ek moet soos saad wees. Ek moet in die grond val en sterf. Ek moet myself gaan uitsaai in die barre kluite van die geteisterde Asië, anders is daar in my lewe en sterwe niks, totaal niks sinvols nie..."

Na sy ontslag uit die hospitaal is die jong dokter terug Viëtnam toe, wetend sy tyd is kort en hy moet gou maak. Hy het letterlik 20 uur per dag gewerk, totdat hy ná 'n bietjie meer as 'n jaar, in sy spreekkamer ineengestort het. Op 18 Januarie 1967 sterf Tom Dooley, 'n dag ná sy 34ste verjaarsdag.

Hierdie menslike verhaal, laat ons Jesus se houding in Sy haas om die wêreld te red, beter verstaan. Hy het gesê het: "As die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug" (Johannes 12:24). Jesus was 33 jaar oud toe Hy gekruisig is. In Sy kort bediening, met daardie verskriklike dood en Sy triomfantlike opstanding, het Jesus Sy roeping en taak as Verlosser van die wêreld, na die letter vervul!

GEBED: Here, vandag gee ek myself vir U om te gebruik.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page