PRIORITEITE
- Lappieskombers
- Jan 19, 2017
- 1 min read

Jesaja 55:2
Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie,
en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? .
Elke oomblik wat ons leef is ‘n geskenk van die Here. Ons moet nie ons tyd, energie en talente mors op dinge sonder waarde nie. Ons moet liewer fokus op dit wat werklike en standhoudende waarde het. Maak elke oomblik tel en gebruik dit tot Sy heerlikheid.
Gebed: My Heer, help my om nie vasgevang te word met dinge wat min of geen langtermyn waarde het nie. Mag ek voordeel trek uit die tyd wat U my gegee het sodat ek op die dinge wat ewige waarde het, kan konsentreer. Amen.
Comments