top of page

LEER EN LEEF

  • Lily van Schalkwyk
  • Jan 20, 2017
  • 2 min read

Spreuke 16 verse 16-20 Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud en verkiesliker

om verstand te verwerf as silwer. Die gemaakte pad van die opregtes is om van die kwaad af te wyk,

hy wat op sy wandel ag gee, bewaar sy lewe. Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val. Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards. Wie ag gee op die woord, sal die goeie vind;

en hy wat op die Here vertrou, is gelukkig.

O Vader, vir U liefde en trou Buig ons in eerbied voor U troon Genade Here pleit ons by U Vergeef ons, soos U wil geskied. Die Spreuke hierbo is vir my ernstig en gewigtig. Daar gebeur so baie in ons lewens elke dag wat ons soms arrogant maak en ons vol van onself word.So vernietig ons onsself deur hierdie houding aan te neem en kom ons tot ’n val. Ons besef nie altyd wat ons sê of doen – hoe verkeerd ons is nie! Hoe snel vergeet ons nie hoe diep ons onsself, maar ook ander, kwes nie! Dis soveel beter om aan te moedig dan om af te breek wanneer ons tereggewys word. ’n Teregwysing aanvaar, maak ons wys in God se oë en veskaf ons God groot vreugde en geluk in ons harte.

Laat ons daarom van alle kwaad afwyk en ag gee aan God en Sy woord. Laat ons, ons dan verootmoedig en Vader dank vir alles wat Hy in Sy liefde aan ons skenk en altyd in eerbiedige respek voor Hom neerkniel want Hy is ons God en Vader en sy goedheid ken geen perke nie. Hoe Groot is God en gelukkig is ons nie! Om God in ons lewens te ken maak ons nederig – onsself te ken hou ons nederig! Dank U o Heer vir U woord wat niks anders as liefde, waarheid, trou en seëning behels nie. O Heer, vergeef ons wanneer ons oneerbiedig is teenoor U en ander. Leer ons U regte weë en toon ons die regte pad tot alle liefde, geloof, hoop, vertroue en glorie van U en Jesus, Amen.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page