top of page

TRANE IS HEMELSE MEDISYNE VIR 'N STUKKENDE HART

  • Lappieskombers
  • Jan 20, 2017
  • 2 min read

Hoeveel van hierdie medisyne het jy al gedrink? Party mense is gelukkig en vat net so nou en dan n slukkie, en dan is die seer verby. Vir ander is dit kroniese medikasie, want die seer wil net nie gesond word nie. Glo my as ek jou sê ek ken seer. Ek weet hoe n hart voel wat aan flarde geskeur is, oopgekloof is en vir dood agtergelaat word. In sulke oomblikke, dan breek n mens. En die wal van opgeboude menslike pyn stroom by jou oë uit. Dit verblind n mens, soveel so dat n mens jouself in jou eie trane kan laat verdrink. Het jy al in so n dam blindelings geswem? Sonder om werklik om te gee oor more, maar net die oorlewing van nou belangrik? In sulke oomblikke wat die damwal breek, word n geleentheid geskep waarin al die onsuiwerhede in die dam kan wegspoel. En dis dieselfde met ons. Trane was ons skoon, dit is woordelose woorde wat ons oë stort, maar dit beteken soveel meer as die voorgee pretensies. Daarom bring trane vertroosting aan n stukkende hart. Want niemand anders as Jesus self, lees en verstaan elke woordelose traan nie. En dis Hy wat jou trane afdroog. Mag jy nooit skuldig voel oor jou trane nie. Mag jy nooit jou trane opbou en wegsteek nie, want so vind infeksie plaas. Werk deur jou emosies. Sorteer hulle uit. Kyk hulle in die oë en vra vir goddelike wysheid om hulle reg te hanteer. In Psalm 6 vers 7 en 8 lees ons van Dawid se trane. Hy skryf, ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane. My oog het dof geword van my verdriet; dit het swak geword vanweë al my teënstaanders. Jesus self het ook gehuil. Sy kosbare vriend Lasarus is dood, en trane van seer stroom by God die Vader se Seun se oë uit (Joh 11.35) Vers 36 vertel dat Jesus gehuil het, omdat Hy sy vriend, Lasarus liefgehad het. Jesus huil saam ons. Hy meer as enige iemand verstaan stukkende, seer harte. En nou volg die belofte waaraan ons kan vashou: 1 Kor 10.13 God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie, maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page