GOD SE SKATTE
- Lappieskombers
- Jan 21, 2017
- 1 min read

Jesaja 45:3
'Ek sal vir jou die skatte gee wat in die donker gebêre word,
die rykdomme wat weggesluit is, sodat jy kan weet dat Ek die Here is,
dat Ek jou op jou naam geroep het, Ek, die God van Israel.' .
God het verborge skatte en geheime rykdom. Dit is dinge waarvan jy nooit kon droom of dink het. Moenie beperk word deur wat jy dink God kan doen nie. Glo dat Hy kennis het van die dinge wat nog ontdek moet word. Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak. Ek sal vir jou skatte gee wat in die donker gebêre word...sodat jy kan weet dat Ek jou op jou naam geroep het, Ek, die God van Israel. Vir jou wat wonder of enigiemand jou liefhet. a! God, jou Skepper het jou innig lief: Want elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Dink jy nie dat Hy jou ook wil gebruik om in mense se lewens inspraak te gee nie? Laat Hom toe om jou te leer hóé. Gebed: My Heer, dankie dat U my knooptong kan losmaak om mense met U woorde te verkwik. Dankie dat U alles weet. U weet wat ek nodig het, selfs al het ek dit nog nie besef nie. Ek sal U in al hierdie dinge vertrou. Amen.
Commentaires