HOOP VIR DIE TOEKOMS
- Lappieskombers
- Jan 22, 2017
- 1 min read

2 Korinthiërs 9: 8
En God het mag om alle genade oorloedig oor julle te laat wees,
sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en
oorvloedig kan wees tot elke goeie werk. .
Wat verwag jy van die Here. Hy wil jou in alle dinge en ten alle tye seën. Rondom hierdie belofte van ñ hoopvolle toekoms vol van Sy seëninge en oorvloed. Hy wil seker maak dat jy alles het wat jy nodig het. As gevolg daarvan kan jy ñ seën wees vir almal om jou. Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met vrede. (Psalm 29:11) Gebed: My Heer, ek bid vandag rondom hierdie belofte van ñ hoopvolle toekoms vol van U seëninge en oorvloed. Dankie vir U seën en guns oor my lewe. Mag ek hierdie seën as ñ daaglikse realiteit ondervind en mag my lewe ñ seën vir ander wees. Mag ons Hemelse Vader se genade bakhand om jou vou. Amen
Comentários