top of page

DIE AMANDELBOOM

  • Lappieskombers
  • Jan 24, 2017
  • 2 min read


Die amandelboom is 'n boom met langwerpige blare met 'n getande rant. In Israel is hierdie bome teen die einde Januarie begin Februarie oortrek met bloeisels; hulle is die boodskappers dat die lente kom. Hierdie vroeë bloeisels gee aanleiding tot die Hebreeuse naam shaqedh wat iets van die idee van "vroeg" weergee.

Toe Moses die volgende môre by die tent met die getuienis kom, was daar botsels aan die kierie van Aäron, wat daar was vir die stam Levi. Trouens, daar was nie net botsels aan nie, daar was ook bloeisels en dit het selfs ryp amandels gedra.

Numeri 17:8

Die priesterskap in Israel was 'n groot twispunt onder die Israeliete – Korag en sy bende het nie Moses se leierskap of Aäron se priesterskap gerespekteer nie. Iets drasties moes gedoen word om die verset van die Israeliete te beëindig. In Numeri 17 het die Here vir Moses gesê om 'n kierie vir elkeen van die 12 stamme te kry, en 'n naam op elke kierie te skryf en dit oornag in die tent van ontmoeting te plaas. Die volgende oggend was net die amandelhoutkierie van Aäron 'n lewende tak met botsels, bloeisels en selfs ryp amandels. Daar was nou geen twyfel dat Aäron die regte man vir die taak was nie.

Alles in hierdie wonderwerk is teenstrydig met die natuur. Om 'n stuk droë hout wat reeds lankal van 'n boom afgesny is, en wat vir 'n nag in 'n droë plek opgesluit was, die volgende oggend vol lewe te sien, het geen twyfel by die Israeliete gelaat dat God self ingegryp het nie.

Soms voel ons soos een van hierdie kieries – heeltemal uitgedroog en sonder lewe. Dit is nie onmoontlik vir ons God om ons kierie weer met botsels en bloeisels te oortrek nie en selfs oornag vrugte te laat dra nie, solank ons net gewillig is om te dien! Die vraag is: "Is ons gewillig?"

Gebed: Dankie Here dat U my, soos Aäron, geroep het om vir U te getuig en dat U 'n besondere plan vir my lewe het. Here, ek is gereed om U vandag te dien. Amen

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page