NUWE MENS
- Blessings op my Tablet - Gerda Jansen
- Jan 23, 2017
- 2 min read

Teksvers:
Eseg 36:26
Ek sal vir julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ‘n hart van vleis gee.
Wanneer ek en jy ons harte vir Jesus gee, verander alles. Jou naam verander in God se oë. Jou hart en siel verander. Die beste voorbeeld is die lewe van Paulus. Ons lees al die wonderlike briewe van Paulus in die Bybel, maar voor hy God ontmoet het, was ‘n slegte ou. Hy het kinders van die Here laat toesluit. Hy wou die kerk uitroei. In vandag se tyd sou hy ‘n paar slegte name gehad het, mense sou oor hom skinder, hy sou dalk in die nuus op TV en orals op die internet gewees het. Maar toe hy ‘n Christen word en die Heilige Gees in hom kom bly, verander als. Hy was eers Saulus genoem, toe word hy Paulus.
Ek is kind van God, praat ek nou anders, ek tree anders op. Almal sien as jou lewe verander, juis sodat God die eer kan kry. Ek ken baie mense wat ‘n slegte lewe gelei het, maar toe God hul roep verander hul lewens radikaal. Die ouens wat se lewens deur drank en dwelms beheer was, die meisies wie hul lywe verkoop het. Vir hulle is daar lelike name, maar God het dit verander.
God het Jesus gestuur vir alle tipe sonde, as Verlosser. Dat ons nou met nuwe klere voor God kan staan, skoongewas, spierwit. Daar is nie een aanklag meer teen jou nie. Hy het doodgegaan in jou plek. Dit kry ons als uit genade, nie omdat ons iets reggedoen het nie.
Hy wil vandag dit ook vir jou doen. Sal jy Hom toelaat om jou lewe te verander? Laat Hy vir jou ‘n nuwe naam gee.
Comentarios