KAAS-KOOL BYRIE BRAAI
- Johan Erasmus
- Jan 25, 2017
- 1 min read

My skoonsuster het ander dag vir my die ou kool reseppie gestuur omdat ek so mal is oor kool . Dit werk baie goed as n bygereg by n braai. Vat n klein tot medium grote kool kop. Sny dit in 1.5 tot 2 cm skywe op. Gooi bietjie speserye weerskante na smaak. Smeer nou n laag botter aan weerskante van elke kool skyf. Sit dit in n oond pan . Bedek nou die bo kant van elke skyf met gerasperde kaas. Sit in die oond teen 180 grade en bak dit vir 40 minute . Kool kop wat jy gebruik moet nie te groot wees anders is die stronk gedeelte in die middel hard. Ek bak myne gewoonlik todat die kante begin crispy word.
Comments